Travellers' reviews of Diep in die Berg Conference and Function Centre in Wapadrand, rated 5/5 at SA-Venues.com

HOW SAY YOU? The average visitor rating is:
Review by: Willa, Pretoria (stayed: September 2008)

Goeie dag almal by Diep in die Beg

Ons wil graag baie dankie sê vir ‘n heerlike troue Saterdag 2 September 2008 , 17:00 daar by julle.

In die besonder dank aan Charné wat alles baie vriendelik en proffesioneel hanteer het, van ons aankoms tot laat aand met die bediening van die nagereg en koffie!

Dra asseblief ons groot waardering aan Charné oor, ons is baie bly dat sy die troue Saterdag hanteer het, haar optrede is goeie reklame vir Diep in die Berg.BAIE DANKIE!

Ek was trots dat ons ons gaste daar by julle onthaal het – ook dank aan die kombuis die kos was BAIE LEKKER.

Baie dankie

Vriendelike groete
Willa Cillié
Review by: Charl, Pretoria (stayed: September 2008)

Hello Chantelle
Baie dankie aan jou en al die personeel by Diep in die Berg. Ons troue was n groot sukses en n heerlike geleentheid!! Baie dankie!
Charl
Review by: Mnr en Mev G Krige, Pretoria (stayed: May 2008)

Ek wil graag my dank en waardering uitspreek vir 'n absoluut onvergeetlike dag deur die personeel en mense by Diep-in-die-berg moontlik gemaak.

Alles het so vlot verloop en alles was perfek gedoen. Ek het al die wêreld vol gereis en in baie lande en in baie soorte en graderings hotelle en restaurante gebly en geëet en ek kan baie kieskeurig wees met sekere dinge en natuurlik as dit by mens se enigste dogter se troue kom, dan is mens hiperkrities! Ek kan julle egter verseker die dag en reëlings was perfek gehanteer en ek het oral net lof en komplimente van die gaste ontvang.

Ek was baie beindruk met alles - die bediening was flink en vriendelik. Ek het regtig nie een lang gesig gesien nie; die dames wat met die bediening behulpsaam was, was duidelik goed opgelei en almal het hoflik en deurentyd vriendelik opgetree en gelyk en hulle goed van hul taak gekwyt. Alhoewel ons oorspronklik met Natasja te doene gehad het en sy intussen bedank het en ons nogal bekommerd was om so op die laaste met 'n nuweling te moet werk, het ek net lof vir Chantelle. Sy lyk professioneel en kalm en het haar geod van haar taak gekwyt en was deurentyd en selfs op die vakansiedae in kontak met my om my gerus te stel in verband met laaste veranderings wat opgeduik het. Sy is beslis 'n aanwins vir Diep-in-die-Berg!

Die kos was uitstekend en dit het beslis nie net mooi gelyk nie, maar wonderlik geproe en elke enkele gas het uit hul eie ons kom vertel hoe smaaklik alles was.

Dit kos mens baie geld om alles so mooi en goed moontlik te probeer maak en ek weet van sovele mense wat al teleurgesteld was na die tyd met die plekke wat hulle gebruik het en dan is dit te laat - die geld is betaal en hul het nie regtig tevredenheid of waarde gekry nie. Ons is egter baie tevrede en voel dit was absoluut elke sent werd - daar was niks wat ons sou wou verander nie.

Gee asseblief ons dank aan elke enkele personeellid oor - ons sal jul oor en oor en aan enigiemand aanbeveel.

Vriendelike groete,
Mnr en Mev G Krige
read guidelines
  1. Security Image (anti-spam)
Picture of Diep in die Berg Conference and Function Centre Picture of Diep in die Berg Conference and Function Centre

Send to a Friend Bookmark

Gauteng / JohannesburgGauteng