Northern Cape Destinations
Visitor Reviews of Three Sisters, Upper Karoo

Review by: Danie Pienaar, Strand (visited: August 2011)
Daar is darem ’n klomp vriendelike mense op die platteland! Tydens ’n reis na Botswana het my Cruiser se verkoelerpyp by Drie Susters gebars, net toe ons by die vulstasie stilhou. Die pyp wat gebars het, was op ’n moeilike plek onder die kragstuur-pomp. Ons het gebruik gemaak van ’n leë werkswinkel aan die agterkant van die vulstasie, maar gou agtergekom dat ons in die moeilikheid is omdat ons nie ’n vervanging-pyp gehad het nie. En ons was aan die begin van ’n 6000-kilometer toer! Binne ’n paar minute het van die plaaslike inwoners nadergestaan en binne nog ’n oomblik is ’n meganikus wat betrokke is by ’n padkonstruksie-maatskappy geskakel om te kom help. Hy het opgedaag met ’n hand vol waterpype en sommer, spontaan, ingeklim en die kragstuur-pomp verwyder en die pyp met kundigheid vervang. “Ons ry net Cruisers, oom, ons het altyd parte.” Sy foon het kort-kort gelui want hy het ’n afspraak gehad met sy meisie. ’n Vreemde man het ses bottels vriesmiddel-water aan my gegee, heeltemal gratis.
En soos dit ’n stadsjapie betaam het ons sy naam afgeskryf en dit gedurende die lang toer weer verloor, wat ’n jammerte.
Baie dankie aan die jongman wat sy hulp onbaatsugtig en spontaan aangebied het en die res van die pype aan ons oorhandig het “net ingeval.”
Danie Pienaar
Strand

indicates required fields
Related Links
On Holiday in Three Sisters
About Three Sisters
Upper Karoo Accommodation
Upper Karoo Hotels
Northern Cape Accommodation
Northern Cape Hotels
Northern Cape 4x4 Trails
Northern Cape Hiking Trails
Visiting Three Sisters?
Also see Things To Do in Upper Karoo or check out Things To Do in Northern Cape to view activities by category, including watersports, sightseeing activities, arts & crafts and many, many more.
click to view